DIE produksie, As lippe kon praat, is Saterdag om 20:00 te sien by die Ou Meul-teater.
Van skreeusnaaks tot diepe ontroering en ontnugtering, van Waterkloof tot Mitchell’s Plein, gee met deernis ’n stem aan vroue (en mans) se diepste vrese en fantasieë. Hierdie wêreldbekende kragtoer spreek tot geheime en onderdrukte gevoelens. Tot wysheid, geluk en hartseer. En tot seksualiteit, want saam met seksualiteit, kom ook weerloosheid - ’n lewensaspek wat vrouens én mans raak. Die eg-Afrikaanse karakters eer vroulike seksualiteit in al haar kompleksiteit en geheimsinnigheid.
As lippe kon praat, word vertolk deur Antoinette Louw, Lulu Botha en Simone Alexia Biscombe.
Kaartjies is R80 en kan bespreek word by 083-564-0056.