Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kuier by Platinum-konsert

Kuier by Platinum-konsert
 
2010-11-25


DIE Paarl Amfiteater gaan op 3 Desember gons met van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars in aksie. Platinum-verkopers Juanita du Plessis en Kurt Darren is te sien tydens die Oppieberg-konsert, met Navi Redd in die voorprogram.

Platinum-prinses Juanita du Plessis maak haar eerste verskyning by die amfiteater en beloof om die gehoor te vermaak met treffers vanaf haar nuutste CD asook immergewilde bekendes.

Juanita is bekend vir liedjies soos “Vlieghoog”,” Dowwe spore” , “Mengel- moes­kardoes” en “Jou skaduwee”.

A capella groep Navi Redd maak ook hulle buiging as gaskunstenaars en sal weer hulle verstommende talente met die gehoor deel.

Darren is onteenseglik een van die gewildste popkunstenaars in die land met etlike dubbelplatinum-uitreikings.

Verskeie van sy liedjies is ook in Duitsland, Holland en België in ander tale uitgereik.

Die sanger sal beslis die gehoor se voete laat jeuk met sy lekkerste liedjies en onweerstaanbare ritmes.

’n Verskeidenheid kos- en wynstalletjies sal beskikbaar wees. Geen piekniekmandjies word toegelaat nie. Die hekke open om 17:30. Die prys van kaartjies wissel vanaf R110-R150 per persoon. Toegang vir kinders onder die ouderdom van vier jaar is gratis indien hulle op die ouers se skoot kan sit.

Besprekings kan gedoen word by 021-872-9754 of aanlyn www.cultivaria.com.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za