Boishaaiers is pretvrate
2005-10-06
DRIE leerders van Hoër Jongenskool het ’n droom-skivakansie in Switserland gewen met hul gekskeerdery.
Grapjasse Gregory Kriek, Karl Molchin en Adrian Hogan het teen drie ander skolespanne in Johannesburg by SABC-park gaan meeding in teatersport en almal die loef afgesteek.
Dit volg nadat hulle sowat twee weke gelede reeds ’n vet kontantbedrag van R20 000 vir hul skool losgeslaan het in die streeksuitdunne van die Standard Bank/5FM Schools Showdown kompetisie. In hierdie onvoorbereide teatersportkompetisie het hulle SACS, Bishops en Groote Schuur uitgestof.
Die Boishaaiers het in die eindronde, wat uitgesaai is met omroeper Mark Gillman as seremoniemeester, uiteindelik die ander spanne van Epworth (Pietermaritzburg), Kingsmead en Greenside (Johannesburg) ore aangesit.
As nasionale wenners van die kompetisie het die drie saam ’n skivakansie van sewe dae in Verbier, Switserland, losgeslaan, met ’n voorafopleidingsessie by ’n ski-skool.
Die beoordelaars het punte toegeken vir persoonlikheid, kreatiwiteit, styl en ook gehoorreaksie.
’n Oorstelpte Greg Kriek van HJS het gesê dit was ’n ongelooflike ondervinding en hy kan nie wag om die ski-hellings in Januarie te tref nie.
More
News
|