Krag staak prysuitdeling
2010-11-25
DIE prysuitdeling van Paulus Joubert Laerskool het verlede Dinsdagaand tot ’n skielike einde gekom in die Strauss-saal, toe ’n boom bo-op ’n personeellid se motor geval het, asook kragdrade platgetrek het.
Die motor se voorruit is verpletter en die bakwerk is beskadig. Verrigtinge kon nie voortgesit word nie, omdat die saal se krag vir ’n geruime tyd hierna af was.
Die prysuitdeling sal weer op 29 November by die Strauss-saal plaasvind.
More
News
|