Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Byna 7000 SMS'e vir matriekrokwenners

Byna 7000 SMS'e vir matriekrokwenners
 
2010-11-25


NADAT lesers bykans 7000 sms’e gestuur het om vir hul gunsteling matriekuitrustings te stem, is Natasha Schoeman (18) van Gimnasium Hoërskool bekroon as die wenner van die Paarl Post Matriekrok-kompetisie.

Hierdie kompetisie het drie weke lank geduur waartydens matrikulante hulself teen R50 kon inskryf. Altesame R10 000 se pryse was op die spel.

“Ek het besluit om in te skryf en dit ’n kans te gee om te sien hoe ver ek in die kompetisie sou kom,” het die opgewonde wenner, Natasha Schoeman van Gimnasium gesê. Sy kon dit skaars glo toe sy as wenner aangewys is.

“Ek het my rok se ontwerpvoorstel by my kêrel se ma gekry, en toe het Kobie Barnard my rok gemaak.” Die donkerblou tabberd spog met ’n lae rug.

Sy het ’n R1000 geskenkbewys van Paarl Mall, R1500 gekenkbewys vir sportklere van Paarlberg BMW, R800 fotosessie van Deonie Swanepoel, R1300 onderklere van Treasure Chest, geskenkbewyse van Curves Wellington, ’n Pampurr sonbedsessie ter waarde van R185, Paarl Skin mani en pedi, ’n R300-geskenkbewys van Dischem, fliekkaartjies van MiniMax en ’n Sarie-geskenkpak. Sy kan nie wag om haar geskenke te benut nie.

Natasha gaan volgende jaar haar studies (Bcom Rekeningkunde) by die Universiteit van Stellenbosch voortsit.

Die naaswenners is Peta Bosman van Hugenote Hoërskool, Amy Davids van New Orleans Sekondêr, Celeste Erenstzen van La Rochelle Hoërskool en Suené Claassen van Gimnasium Hoërskool.

“Ek gaan defnitief hierdie blad uitknip, lamineer en bo my bed hang, vergroot en dit in ’n goue raam sit,” het die verbaasde Peta gesê, wat haar pragtige grys rok in Bellville gehuur het. B.A. (sosiale dinamika) is op haar studielys vir volgende jaar.

Die wenner van die derde prys, Amy Davids van New Orleans Sekondêr, sê dit het onwerklik gevoel toe sy onder die top tien beland het. Sy het lank gesoek voordat sy die perfekte rooi rok by ’n boetiek in Kaapstad raakgeloop het.

“My tannie het my gemotiveer om in te skryf. Ek gaan my fliekprys met my suster deel,” sê Amy, wat funksiebeplanner wil word.

’n Beskeie Celeste Erenstzen van L aRochelle (vierde) het nie geweet dat sy ingeskryf is vir die kompetisie nie: “Toe ek die koerant oopmaak en myself sien as ’n kandidaat het ek bietjie skaam gevoel.”

Maar dit kon haar ma nie keer om met die talentvolle buurvrou, Bettie Roode, se handewerk te spog nie. Sy wil in toerisme studeer.

Suené Claassen, wat gespog het met ’n grys eenskouer-tabberd, het twee weke voor die tyd wakker geskrik om in te skryf:

“Die bekende tannie Griet de Villiers het my rok gemaak waarmee ek baie tevrede was,” sê dié spontane Gimmie. Sy wil haar as ouditeur bekwaam.

Gimnasium Hoërskool (met twee wenners en die meeste stemme) het ’n R3000 gratis advertensie losgeslaan en ’n leser wat gestem het, mev Russel van Tambotielaan 6, sal gratis Paarl Post vir die jaar ontvang.

Al die wenners was dankbaar teenoor die gemeenskap, familie en vriende wat hulle stemme vermeerder het.

Matrieks wat ingeskryf het, kan hul foto’s wat gebruik was vir die kompetisie afhaal by Paarl Post tot 15 Desember.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za