DIE Wynland Distrik Munisipaliteit het gister die laaste van 91 nuwe huise oorhandig aan die gemeenskap van Hermon.
Die Hermon Behuisingsprojek is reeds in 1997 afgeskop, maar is weens finansiële probleme vertraag. In 2002, ná die verkryging van subsidies, is daar weer volstoom gewerk om huise te bou.
Vir ses mense tussen die ouderdomme van 70 en 79 is dit die eerste keer dat hulle hul eie huis besit.