EK wil graag my dank betuig aan twee vriendelike dames, Roney en Jennifer, werksaam by ’n petrolstasie se winkel in die Hoofstraat. Dis wonderlik om te weet daar is nog eerbare mense.
Roney het die banksakkie met R150 (wat uit my handsak geval het) op die toonbank gevind en in die kluis laat toesluit.
Onthou, goeie dade kom altyd terug na jou toe. Nogmaals baie dankie!
Celia de Villiers