GEBROKE Mamma, jou ope brief is gelees en met groot deernis en bewondering ontvang.
Mamma maak nie saak wat die mense vir jou sê en nog gaan sê nie, jy gee NOOIT hoop op vir jou seun se baie ernstige siekte nie.
Die dinge wat jy genoem het wat verdwyn het vir dwelmgeld is niks, dit is aardse dinge, en jou hoop, liefde, ondersteuning en krag wat jy moet uitdra na jou seun is al wat belangrik is.
Die ander dinge kan later weer vervang word, maar jou seun se welstand en lewe kan nie weer vervang word nie.
Ek weet rehabilitasie kos baie geld, maar op die end van die dag om julle goeie lewe terug te kry en jou seun se gesondheid sal dit beslis alles werd wees. Onthou ook net die Liewe Vader sou dit nooit oor jou pad gebring het as hy nie geweet het jy sal dit nie kan hanteer nie.
Peetma