Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Foon-nagmerrie

Foon-nagmerrie
 
2010-12-02


DIE berig “Foon-nagmerrie vir Paarliet” van 25 November, klink baie soos my storie: ’n Sekere werknemer by Departement van Binnelandse Sake gee my huistelefoonnommer vir die publiek!

Haar 4-syferuitbreidingnommer is dieselfde as ons huistelefoonnommer. Sy sê vir die publiek dat indien hul 872 voor haar uitbreiding skakel, hulle direk by haar sal uitkom en dus nie tyd hoef te mors deur deur die sentrale te gaan nie! Partykeer raak die publiek nog ongeduldig ook met my.

Ek het twee jaar gelede met haar gaan praat en my bes probeer om te verduidelik hoe telefoonlyne werk. Die man wat saam met haar in dieselfde kantoor sit, het uitgebars van die lag toe hy hoor wat sy aanvang.

Ek het toe naïef geglo dat die probleem opgelos is, maar nee, sy gee dit steeds vir die publiek.

Dit gaan al jare lank so aan en ek het nou moed opgegee. Ek gaan egter nie vir myself baie ongerief aandoen deur ons telefoonnommer te laat verander nie.

Aletta Keyser




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za