Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ek verstaan verslawingshel

Ek verstaan verslawingshel
 
2010-12-02


LIEWE gebroke Mamma, na aanleiding van jou brief in die Paarl Post verlede week, kan ek met diepe simpatie en hartseer vir jou sê dat ek ook ’n gebroke mamma is.

My kind ly self aan verslawing (alkohol).

Ek is ook ’n enkelouer en gaan absoluut deur hel.

My kind was al by talle rehabilitasiesentrums, dokters, sielkundiges. Al die hulp wat ek moontlik kon inwin en kry, het ek vir hom gekry.

Verslawing is ’n siekte en geen instansie of dokter sal hom kan genees nie.

God sien ons hartseer en dit is net Sy Genade wat ons kinders kan red.

Ek sukkel finansieel en moet ook my kop hoog hou by die werk, maar diep binne in my is ek stukkend, gebroke en kry so seer wanneer ek ander jong mans van sy eie ouderdom sien wat al gevestig is en wat gelukkig getroud is.

Wanneer gaan dit eindig?

Ek is oneindig baie lief vir my kind en sien sy desperaatheid en magteloosheid en sy eie seer wanneer hy besef dat hy ons familie soveel hartseer veroorsaak en die begeerte om ’n normale lewe te kan lei, wat hom telkens ontwyk.

Ook ’n Gebroke Mamma




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za