Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gun my die rusplek van my geboorteplek

Gun my die rusplek van my geboorteplek
 
2010-12-02


DIKWELS hoor ’n mens dat daar ’n groot tekort is aan ruimte om mense te begrawe.

Ons stadsraad het nie ’n oplossing nie, want daar is volgens hulle net nie grond nie. Daarmee stem ek natuurlik net nie saam nie, want daar is sowaar baie grond.

Die probleem is dat dit nie aan die Raad behoort nie, maar aan private eienaars.

Daar is gerugte dat daar beplan word om mense regop te laat begrawe om sodoende ruimte te bespaar. Ek sidder daaraan, want dan sal spoke begin te loop.

Daar is egter ’n baie praktiese en werkbare oplossing.

Kyk maar soos u ry na die familiebegraafplase op verskeie plase. Dit het jare in onbruik verval en is in ’n baie swak toestand.

Hoekom kan dit nie weer ingestel word nie?

Baie families sal graag ’n geliefde op so ’n ereplek wil begrawe.

Ons ouers of familie werk hulle krom en blind op plase. Hulle maak selfs die eienaar se kinders groot en daar ontstaan ’n groot liefde en waardering vir mekaar.

As ons mense oud raak, word hulle summier van die plaas verjaag of hulle moet na hulle kinders in die dorp gaan.

Dit stop wel nie daar nie. By hul dood word hulle nie die eer gegun om ter ruste te lê op hul geliefde plaasgrond nie.

Families word sodoende van mekaar geruk; die plaasseun kan nie meer ’n blommetjie op sy geliefde versorger se graf gaan sit nie. Weens ’n tekort aan geld en vervoer kom families dan nooit by die graf uit nie, want die afstand is te ver.

Niemand het egter gaan kyk na die ESTA-wetgewing nie. Daar staan uitdruklik dat elke inwoner op ’n plaas die reg van keuse het om op die plaas begrawe te word.

Dit beteken dat as ’n persoon sy wens uitspreek dat hy hier wil begrawe word, moet sy wens vervul word. En ek dink baie plaaseienaars en -families sal dit verwelkom.

Die komitees op al die plase moet wel die bul by die horings pak en hierdie reg opeis. Wat reg is, is mos reg.

Al wat die wet vereis, is dat dit nie ’n gesondheidsrisiko moet wees nie.

In die verlede was dit nooit ’n gesondheidsrisiko nie. Hoekom sal dit dan nou wees.

Dit is nou tyd dat ons ook aandring dat ons ouers/grootouers of enige kind (familie) op die plaas waar hy gebore is, begrawe moet word. Soos hulle sê: “Gebore, getoë en hier wil ek begrawe word”.

Hierdie sal ons families meer saambind en so sal daar baie grond vir ander beskikbaar wees.

Kom ons gebruik die ESTA-wetgewing en eis ons regte op vir ons familietrots.Regsgeleerde




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za