Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Krieket-telbord

Krieket-telbord
 
2010-12-02


YOUNG PEOPLES AAN WENKANT

Aldrie spanne van SRRadiators Young Peoples-krieketklub het Saterdag weer eens vir twee agtereenvolgende weke oorwinnings behaal. Die eerstes het met Brackenfell kragte gemeet en met 7 paaltjies gewen. Brakke kolf eerste en behaal 167/7 na 40 boulbeurte, danksy goeie bydraes deur Dirkie Marais (46) en Williem du Toit (24nun).

Die Tiere het deurgaans goed geboul, maar 8 vangskote verbrou. Lorenzo Jacobs (2/26 in 6bb) en Brendon Adams (2/37 in 8bb) het die meeste paaltjies platgetrek. Young Peoples het van meet af die teiken gejaag, en eindig met 169/3, danksy Justin Ontong (63nun) en Wade October (51).

) TWEEDES IN RILLERSTRYD

Die tweede spanne van Paarl-Oos en Young Peoples was in ’n riller betrokke met Young Peoples wat met 1 lopie seëvier.

Die Tiere word uitgeboul vir slegs 122 lopies, maar met goeie boul-en veldwerk kon hulle die tuisspan beperk tot 121 almal uit. Paarl-Oos se boulers wat die beste gevaar het, is Jermain Williams (6-2-11-2), Wilton van Neel (8-022-2) en Justin Pietersen (9-4-13-2).

Bjorn Hollenbagh (33 1x4 1x6) het vir Paarl-Oos die beste met die kolf gevaar. Vir Peoples het Tom Senkington (3/29 in 7bb) en Melvyn Jackson (3/3 3bb) paaltjies ingeoes.

Young Peoples se derdes klop Oostelikes III op met 126 lopies. Hubert Ontong (57), Christo Eksteen (27) en Jemaine Buys (28) het goed gekolf, terwyl Marlin Carolissen (4/20 in 5bb) uitgeblink het met die bal.

) PAARL-OOS I en III WEN

Paarl-Oos se eerste span het hul 40bb-wedstryd teen Maties met 6 paaltjies gewen. Maties het 181/8 aangeteken waarop Paarl-Oos met 182/4 geantwoord het. Bruce Miller (44 2x4), Garth Lewis (25 nun) en Morné de Vries (95 6x4 1x6 in net 95 balle) het goed met die kolf vertoon. Elroy Abrahams (8-0-26-2) het die beste met die bal gevaar.

Paarl-Oos III het baie maklik met Spes Bona II afgereken. Spes Bona kon slegs 149 (almal uit) aanteken waarop Paarl-Oos met 150/4 geantwoord het. Curtley Davids (72 7x4 2x6) en Chris Bruinders (25 4x4) het die beste met die kolf gevaar terwyl Preston Abrahams (2-0-4-3), Hershelle Poggenpoel (4-1-22-2), en Chadwin November (2,5-0-10-2) die beste met die bal gevaar het.

) DRAKENSTEIN EDU WEN OP DRAFSTAP

Sondag op Ceres het Drakenstein Edu se eerstess die Vrugteboere op ’n drafstap met 5 paaltjies geklop.

Puik boulwerk deur Jordan Evans (3/21), Chester Kuiler (3/31) en Gerswin Philander (2/11) het die tuisspan tot 169 beperk. Gerwin Cook (54) en Lindsay Davy (40) het goed gekolf.

Die derdes kon net 114 lopies teen Northdene II aanteken, maar Northdene loop hulle toe vas teen die verwoestende boulwerk van die 15-jarige Lyall Pienaar wat 6 paaltjies in net 5 beurte vir 3 lopies laat spat het. Hirose Steenberg, was self kookwater en het in 4 beurte 2/6 met sy draaiballe ingeoes.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za