Rugbyboek bekend gestel
2010-12-02
Verlede week is die boek oor Wellington Rugbyklub, Wellington rugby - die eerste 110 jaar, bekend gestel. Die skrywer van die boek is Paul Theron.
Daar is net 500 eksemplare van die boeke gedruk waarvan 75 ’n spesiale leeromslag sal hê. Oud-spelers en rugbyliefhebbers kan hulle verlustig in die baie staaltjies, uitslae en die meer as 320 foto’s in die boek.
Die leerboeke sal vir R750 verkoop word en die ander vir R200. Skakel 084-657-5436 of 083-3030960 vir meer besonderhede.
More
News
|