Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington I wen naelskraap

Wellington I wen naelskraap
 
2010-12-02


DIE eerste span van Wellington-CPUT het die naweek skoonskip gemaak nadat hul eerste en tweede spanne albei gewen het.

Die eerste span het Saterdag teen Victoriane op Stellenbosch sake uitgespook. Wellington het eerste gekolf en kon slegs 161/9 aanteken.

Craig Abrahams 39 en Garth Abrahams 22* het gesorg dat Wellington darem genoeg lopies op die bord het om te verdedig.

Vics het uitgegaan om die telling te jaag, maar danksy goeie boulwerk van Gershin Williams 3/26 (in 6 beurte), Jaco Strydom 2/18 (in 7,1 beurte) en die ander boulers wat almal paaltjies gevat het, was Vics almal uitgeboul vir 156 lopies. Wellington wen hierdie wedstryd met 5 lopies.

Die tweede span van Wellington-CPUT het Saterdag op die Parysvelde teen Paarl II te staan gekom.

Paarl II het eerste gekolf en was uitgeboul vir 194/10 in 42 boulbeurte. Dit was veral Westley Hendricks 2/29 (in 7 beurte), Edward Small 2/42 (in 9 beurte) en Morné Maritz 2/30 (in 6 beurte) wat goed geboul het vir Wellington en sake bemoeilik het vir Paarl.

Wellington het die telling in 35,1 beurte verbygesteek met Mark Hodgson (55) en Cedric Williams (48) wat Wellington se beste kolwers op die dag was.

Wellington II wen met 2 paaltjies en is steeds onoorwonne vir die seisoen.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za