Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Janke ryg die prestasies in

Janke ryg die prestasies in
 
2010-12-02

Sieb Sieberhagen

NIE net het Janke Visagie (13) van Wellington vanjaar weggestap met die Boland skolesportvereniging se sporttoekenning vir laerskooldogters nie, maar is sy ook aangewys as Paarl Post se Let’s Play Sportster vir November.

Janke, die jongste van vyf kinders, was vanjaar die hoofdogter by Hugo Rust Laerskool en was ook kaptein van die skool se o.13A netbalspan en die o.13 Boland netbalspan.

So tussendeur die ander sportsoorte bly netbal haar gunsteling, vertel Janke, wat reeds kleintyd baie in balsporte belang gestel het.

Hope talent het sy wel, want pa Hannes en ma Irma was albei kranige sportmense. Hannes het goeie rugby en tennis gespeel en Irma het haar ding op die netbalbaan gedoen.

Maar hoe kies ’n mens as jy soveel talent het en hoe maak jy tyd om alles by te bring?

“Wat vir my lekker is, is om aan spansporte deel te neem. Daarom dat ek so baie van netbal hou en daaraan meer aandag gee. Dit is in dié sportsoorte waar daar lekker gees is,” vertel Janke, wat hulpdoel vir haar span speel.

Vanjaar het sy die o.13 Wes-Kaapspan verteenwoordig wat aan die SA kampioenskappe deelgeneem het wat uiteindelik in die vyfde plek geeïndig het.

En druk jy ’n spies, gewig of werpskyf in haar hand, kan jy maar net vuurwerke verwag.

Dit is geen wonder dat sy by die Boland-Sentraal atletiekbyeenkoms in al drie dié items die eerste plek verower het nie. Tydens die Wes-Kaapbyeenkoms het sy ’n tweede plek in die skyfwerp behaal.

Dan is daar ook nog hokkie, krieket en tennis. In hokkie en krieket het sy al die Boland-span verteenwoordig en met tennis het sy in 2009 die Boland-sentraalspan gehaal.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za