Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Lagnes by Ou Meul

Lagnes by Ou Meul
 
2010-12-02


DIE prettige teateropvoering Lagnes is te siene by die Ou Meul-teater op Woensdag 8 Desember om 20:00.

Lagnes is gesonde improvisasie komedie vir die hele gesin. Die vertoning is geskoei op die TV-reeks, “Whose line is it anyway”. Wat jy dus op die verhoog sien, dink die Lagnes Monsters net daar uit. Enigiets kan en sal op die verhoog gebeur, dit hang alles van die gehoor af. Daar gaan natuurlik vir al die gelag betaal word, maar die gelaggery is beslis dit moeite werd.

Kaartjies is R50 en kan bespreek word by Vicky by 083-564-0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za