DIE glanskonsert met Afrikaanse supersterre Juanita du Plessis, Kurt Darren en à capella sanggroep Navi Redd vind Vrydag by die Paarl Amfiteater plaas.
Platinum-prinses Juanita maak haar eerste buiging op die amfiteater se verhoog.
Kurt Darren is geen vreemdeling in die amfiteater nie en is van mening dat dié unieke opelug-lokaal een van die bestes in die land is.
Daar sal ’n verskeidenheid kos- en wynstalletjies beskikbaar wees.
Hekke open reeds om 17:30.
Kaartjies is R110 tot R150 en is beskikbaar by 021-872-9754 of by www.cultivaria. com.