Top sportsterre
2010-12-02
Sieb Sieberhagen
Die Boland-skolesportvereniging het verlede week sy top presteerders vir 2010 vereer. Drie van die sportsterre is van die Drakenstein-omgewing en een van Worcester. Voor van links is Jason Davids (laerskole-sportman - St Albans Primêr), Janke Visagie (laerskole-sportvrou - Hugo Rust Laerskool), Janeke Malan (hoërskole-sportvrou - Worcester Gimnasium) en Leroy Bitterhout (hoërskole-sportman - Klein Nederburg Sekondêr). Agter is Richard Berrill (borg) en Pieter Lourens (voorsitter van die vereniging).
More
News
|