Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Young Peoples val uitmekaar

Young Peoples val uitmekaar
 
2005-10-06


DIE eerste span van Young Peoples Krieketklub het Saterdag ’n sege oor Vredenburg/Saldanha deur sy vingers laat glip.

Langs die Weskus was dit die Paarliete wat eerste die kolf opgeneem het en sommer vroeg gevaarlik gelyk het.

Goeie beurte deur Rupert Bailey (65 4x2, 6x2) en Quinton Kannemeyer (32 4x3) het ’n ordentlike basis vir die besoekers gelê en op 109/2 het dit gelyk of hier ’n groot telling kom.

’n Hewige kolfineenstorting het egter ’n stokkie daarvoor gesteek en die Paarliete kon slegs 166/8 aanteken voordat hul 60 beurte uitgeloop het.

Die tuisspan steier ook vroeg in op 25/6 danksy dodelike boulwerk deur Kannemeyer (3/40 in 13bb) en Lester Opperman (3/37 in 11bb).

Dit was egter tydens ’n vasbytpoging deur beide Shane Summers (84nun 4x8, 6x1) en Mario Prins (54nun 4x7) wat die tuisspan in die 52ste beurt van die wenlopies besorg het, met nog drie paaljies in die sak.

Peoples II het op Daljosafat min nonsens gevat en Vredenburg/Saldanha se tweede span met nege paaltjies geklop.

Die besoekers was op 69/1 ook goed geplaas om ’n goeie telling aan te teken. Goeie boulwerk deur Jarier Alexander (3/22 in 10bb) en Marlin Carolissen (5/6 in 7bb) het egter verseker dat die kolwers almal terug was in die kleedkamer met ’n skamele 93 op die bord.

Peoples moker die wenlopies in slegs 17 boulbeurte, danksy Warren George (42nun 4x6), Melvyn Jackson (32 4x2, 6x2) en Wade
October (17nun 4x2).

Saterdag speel Peoples I weg teen Oostelikes en Sondag tuis teen Van der Stel op Daljosafat.

Peoples II speel Saterdag tuis teen Oostelikes.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za