Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Goetham spog met 123 lopies

Goetham spog met 123 lopies
 
2005-10-06


’n AANSKOULIKE beurt van 123 lopies deur Wesley Goetham het Saterdag daartoe bygedra dat Bergrivier Krieketklub se tweede span vir Oostelikes kon klop.

Bergrivier II was baas in Kraaifontein en het die tuisspan oortuigend met 94 lopies geklop.

Die wedstryd tussen die klubs se twee Premier-liga spanne wat op Weltevrede gespeel sou word, is afgestel weens ’n nat veld.

Op Kraaifontein kon sake egter voortgaan en het Bergrivier eerste voor die penne stelling ingeneem.

Goetham se beurt wat 13 grenshoue ingesluit het, het meer as die helfte van sy span se 222 totaal uitgemaak.

Slegs Nathan Thomas (19 4x1), Sebastian Seale (15 4x3) en Owen Japhta (13) kon ook dubbelsyfertellings aanteken.

Die tuisspan was gou in die moeilikheid, op 47/5.

Die besoekers se boulaanval is gelei deur Eaton Pietersen (3/30), Lee Hoffman (2/31) en Alister Claasen (2/4).

Oostelikes se Adonis (36 4x3), William Small (18 4x2) en Foster (20 4x2) was al kolwers wat kon lopies kry.

Bergrivier I speel Saterdag teen Wellington I op die Pen Basson-veld.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za