Misdaad bekamp in Klapmuts
2010-12-09
DUISENDE liters onwettige drank is gekonfiskeer en verskeie mense is in hegtenis geneem tydens misdaadvoorkomingsoperasies in Klapmuts die afgelope naweek. Mlongisi Bhexhesa (32) is in sy woning in Mandelapark in hegtenis geneem in besit van 80 sakkies van die dwelm Tik. Pieter Cornellson (65) van Bellstraat is gearresteer en beboet omdat hy onwettig handel dryf met skroot. Die polisie vermoed dat baie van die metaalitems wat in sy besit gevind is, gesteel is. ’n Tweedehandse motorverkoper, Jacques van Wyk, is ook in hegtenis geneem, omdat hy sy onderneming, Stofpad Motors, sonder ’n geldige lisensie bedryf. Daar is toegeslaan op verskeie lokale wat onwettig drank verkoop en daar is beslag gelê op 4216 liter drank. Polisiewoordvoerder, kst Naima Vaughan, het gesê dat hierdie operasies ’n poging is om alle misdaad in die gebied hok te slaan. “Ons sal voortgaan om streng op te tree teenoor alle onwettige optredes, groot of klein.”
More
News
|