Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verdagtes verdwyn

Verdagtes verdwyn
 
2010-12-09

Lise Beyers

TWEE verdagtes in die Fred Abrahams-moordsaak het soos mis voor die son verdwyn.

Manasi Shumba, Leroy Khumalo en Shaun Makhubela is in hegtenis geneem kort ná die gru-moord op Abrahams (78) presies twee jaar gelede.

Borg is aan Shumba, ’n Zimbabwiër geweier, maar die ander verdagtes is wel borg toe gestaan.

Hierdie bekende sakeman en gemeenskapsfiguur van Paarl-Oos is op 9 Desember 2008 in sy huis in Klein Drakensteinweg vermoor. Hy is vasgebind en verwurg en die skuldiges het die toneel verlaat met ’n groot hoeveelheid kontant.

Toe die moord-saak verlede week weer sou voortgaan by die Paarl Streekhof, het Khumalo en Makhubela nie hul verskyning gemaak nie.

’n Lasbrief vir hul inhegtenisname is uitgereik.

Enigiemand met inligting oor waar hulle mag wees, kan Crime Stop skakel by 086-001-0111.

Die saak is uitgestel tot 17 Januarie 2011.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za