Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Matrieks betrek

Matrieks betrek
 
2010-12-09

Lise Beyers

DRIE leerders van Paulus Joubert Sekondêr word ondersoek in verband met ’n verkragtingsaak.

Een matrikulant is reeds Vrydag hieroor in hegtenis geneem kort nadat hy sy matriekeksamen voltooi het. Nóg twee seuns van hierdie skool word ondersoek.

Die seuns word verbind met die beweerde verkragting van ’n 15-jarige meisie verlede maand.

Paarl Post het tóe berig dat die meisie by ’n woning in Bothmastraat, Lantana, aangeklop het om vir water te vra, nadat sy glo aan ’n stuk vrug verstik het.

’n Jong man het die deur geantwoord en haar die huis ingesleep, waarna sy na bewering op ’n bed gedwing is en verkrag is.

Nog twee leerders was glo tydens die voorval teenwoordig en daar bestaan gerugte dat hulle ’n selfoon-videogreep van die voorval opgeneem het.

Die slagoffer is glo hierna met ’n gordel geslaan en aangerand.

Nadat die hoofverdagte Vrydag deur polisiebeamptes gearresteer is, is hy kort daarna weer in die sorg van sy ouers vrygelaat. Hy het Maandag in die Paarl Landdroshof verskyn.

Die ondersoek duur voort.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za