Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Feesgeld kry voete

Feesgeld kry voete
 
2010-12-09


DIE Bergrivier Sekondêre Skool is ’n klompie geld uit die sak, nadat ’n betrokkene van dié skool beroof is.

Die vrou, wat om veiligheidsredes nie haar naam bekend gemaak wil hê nie, het Vrydagaand by dié skool se kosstalletjie gehelp in Lady Greystraat, Paarl, tydens die Liggies-fees.

Nadat hulle ná middernag opgepak het, het sy eers na Paarl-Oos gery waar sy sleutels by iemand moes gaan afgee.

“Ek het so ’n bietjie in die donkerte rigting verloor, en in Beukesstraat het ek stilgehou en vir ’n jong vrou en twee mans gevra om aanwysings.

“Hulle het gesê dat hulle my sal neem na die adres. Hierna het hulle my gevra om hulle af te laai in Klein Drakensteinweg by die hoek van Maasdorpstraat.

“Voordat die een man uitgeklim het, het hy gesê dat hy sy selfoon laat val het en het op die vloer van my motor daarvoor gesoek. Dit is toe dat hy op die banksak met die opbrengste van die aand se verkope afgekom het.

“Hulle het skielik uit die motor gespring en weggehardloop.”

Die drie jong mense is in hul vroeë twintigs. Die een man het ’n Middel-Oosterse serp om sy nek gedra met swart en wit patrone daarop. Inligting kan deurgegee word aan a/o Elton Abrahams by 021-877-5900.

) Nog ’n gewapende roof het die afgelope naweek op Wellington plaasgevind. Die slagoffer dié keer was Johan Basson, die eienaar van ’n drankwinkel in Dietmanstraat.

Vyf mans het Basson Donderdagmiddag oorweldig toe hy ’n veiligheidshek van die winkel oopgesluit het. Een man het hom met ’n vuurwapen gedreig en hulle het aangedring dat hy die winkel se kluis oopsluit.

Daar was geen geld in die kluis nie, maar hulle het R5000 uit die kasregister gehaal, Basson se selfoon gegryp, en daarna met sy Corsa bakkie gevlug.

Die bakkie is later verlate gevind in Swartbergstraat, New Rest. Niemand is in hegtenis geneem nie.

Onlangs het gewapende rowers toegeslaan by verskeie ander Wellington besighede, soos Welgeleë Plein, Xavier Motors, die Stasie Drankwinkel en Roodezandt-plaas.

* A number of robberies have taken place including one after the Festival of Lights.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za