Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Reën beduiwel Paarl-Oos se planne

Reën beduiwel Paarl-Oos se planne
 
2005-10-06


SATERDAG se sifreëntjie het verhoed dat Paarl-Oos Krieketklub se eerste span hul eerste wedstryd van die seisoen kon speel.

Die tweede span is egter met beter weer begroet op Hermanus.

Die Paarliete het besluit hulle gaan sommer vroeg huis toe en haal die tuisspan vir ’n skamele 47 lopies uit in slegs 18 boulbeurte.
J Swarts (24) was die enigste Hermanus-kolwer wat teenstand gebied het.

Die groot angel in Paarl-Oos se boulaanval was Nico Jonck (5/21 in 9bb). Hy is goed ondersteun deur Ferdi Jonathan (2/20 in 7bb).

Die besoekers kry die wenlopies in die 19de beurt, met die twee aanvangskolwers, Shaun Cuttings (21 nun) en Kurt Julies (11nun), nog voor die penne.

Saterdag speel Paarl-Oos I (tuis) en II (weg) teen Stellenbosch en Distrikte.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za