DIE SRRadiators Young Peoples Krieketklub hou volgende Donderdag (16 Desember) sy jaarlikse “6-a-side”-toernooi op die Parys-velde by die Paarl Krieketklub.
Dit gaan gepaard met ’n pretdag wat allerhande vermaaklikhede soos “German Spec Car Show”, kosstalletjies, klopse, ’n “slippery slide” en speletjies vir die kinders insluit. Om stalletjies te huur, kos R250.
Alle spanne wat wil deelneem aan die toernooi moet vir Marlin Carolissen by 083-287-3256 kontak teen Maandag.
Om ’n span in te skryf kos R300. Prysgeld vir die wenner is R2000 en daar is nog baie ander pryse op die spel.
Vir verdere inligting, kontak Stanton Kamalie by 078- 507-9537.