Raaiselagtige kattedood
2010-12-09
EK het my vermiste strepieskat verlede week 2 Desember in die Paarl Post geadverteer en iemand van die publiek het my laat weet dat hulle ’n kat wat aan sy beskrywing voldoen, vroeg in die oggendure op 25 November dood aangetref het naby my huis. Die kat was netjies neergesit in die sloot langs die pad met ’n nekwond. Daar naby in Boschstraat is ’n wit kat dood aangetref, wat ook in die sloot langs die sypaadjie gelê het, ook met ’n nekwond. Toevallig het daar iemand in die Boschstraat-omgewing op Woensdag 24 November aan die kateienaars gesê dat hulle van die katte wat daar rondloop moet ontslae raak. As enigiemand iets weet of dalk iets gesien het, of dalk die katte uit die pad gehaal het, laat weet my asseblief. Daar is tans ’n vermoede dat die katte deur iemand met ’n voorwerp teen die nek geslaan is. Kontak Alida by 073-173-9962. Alida
More
News
|