Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington kry punte ondanks reën

Wellington kry punte ondanks reën
 
2005-10-06


DIE laaste stuiptrekkings van die winter het Saterdag daartoe gelei dat die eerste ligawedstryd van die McCarthy Toyota Wellington Krieketklub op ’n dramatiese wyse beëindig is.

Die kaptein van Stellenbosch & Distrikte wen die loot en stuur die besoekers in om eerste te kolf.

Die weersomstandighede was uiters moeilik, met reën wat telkens spel onderbreek het. Hoewel dit die Wellington-kolwers verhoed om goeie momentum te bou, kon Warren Groeneveldt (47), Dawie Malan (42) en Steyn Basson (34nun) ’n paar netjiese beurte aanmekaar slaan.

Die tellings het vir Wellington ’n stewige fondament gegee, en met vyf beurte oor, kantel die laaste paaltjie met 163 lopies op die telbord.

Die Stellenbosch-kolwers het die lopies hard gejaag nadat hulle kolfbeurt (volgens die Duckworth-Lewis stelsel) verkort is, wat die spanning behoorlik laat oplaai het.

Dit was egter die weer wat die laaste sê gehad het, en die wedstryd word weens swak lig gestop, met die tuisspan se telling op 110/6.

Wellington kon egter as oorwinnaars van die veld stap danksy hul hoër lopietempo. Dit besorg hulle ’n positiewe gelykop-uitslag en ’n goeie begin vir die nuwe seisoen.

Riaan Jephta (3/24 in 9bb), Henco Bornman (2/18 in 12bb) en Phillip Adams (1/12 in 6bb) was Wellington boulers wat met die bal uitgeblink het.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za