Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos oordonder Wellington maklik

Paarl-Oos oordonder Wellington maklik
 
2010-12-09


PAARL-OOS se eerste krieketspan het die afgelope naweek korte mette met Wellington-CPUT gemaak en sodoende verseker dat hulle steeds in ’n goeie posisie is om as liga-wenners gekroon te word.

Hulle het Saterdag in Wellington eerste gaan kolf en 240/8 aangeteken. Hulle beste kolwers was Bruce Miller (43 3x4 2x6), Garth Lewis (28 5x4), Wilton van Neel (53 9x4) en Christiaan Oosthuizen (25 1x4 2x6).

Wellington loop hulle toe vas in begeesterde boul- en veldwerk en word vir net 119 lopies uitgeboender. Paarl-Oos se beste boulers was Cloete (5-1-11-2), Zynodien Fredericks (9-3-21-2), Wayne Minnie (7-0-24-2), Jack Daniëls (9-1-18-1) en Jade Adams (7-1-22-1).

Saterdag speel Paarl-Oos I teen Van der Stel op die New Orleans-velde. Dit begin om 10:00.

Paarl-Oos se tweedes het ook Saterdag op ’n drafstap met Mbekweni I afgereken. Mbekweni het eerste gaan kolf en kon slegs 124 (almal uit) aanteken. Bjorn Hollenbach (79 9x4 2x6) en Curt Julies (25 2x4) het goed gevaar met die kolf en het op ’n drafstap 125/2 aangeteken om sodoende die wedstryd te wen.

Julies (6-0-13-5) en Enrico Appollis (5-0-23-2) was Paarl-Oos se beste boulers.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za