Arrogante motoriste
2010-12-09
O WEE, die arrogansie waarmee sommige ry, sal nog ’n ongeluk veroorsaak, veral die motoriste wat Klein Parysweg regdeur ry. Is dit dan net die motoriste wat Bonapartelaan uitkom wat moet stop? Daar is by aldrie kante dieselfde tekens. Volgens my het die een wat eerste by die stop is, die reg om te ry. - Ontevrede
More
News
|