Departement stel teleur
2010-12-09
NA amper twee jaar se gewag, hoeveel bakleiery en in lang toue staan, was ek moedeloos en raad-op. My seuntjie word Februarie 2 jaar oud en ek wag nog steeds vir my kraamverlofgeld van Dept Arbeid. Die groot gewag gaan oor papiere wat weggeraak het, nadat alles ingegee is, net om weer weg te raak. My kraamverlof was verlede maand weer soos gewoonlik “Not yet complete” weens ’n UI19-vorm wat uitstaande is! Ek het gesweer ek sal aanhou baklei totdat ek die dag my geld kry, al is dit die dag wat my seuntjie Gr. 1 toe gaan, maar baklei gaan ek. Ek het uiteindelik my lot by die Paarl Post bekla, wat navraag gedoen het by die Departement. My geld is binne ’n week oorbetaal, sonder enige vrae of moeilikheid! Dankie Paarl Post! Yolande
More
News
|