Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Januarie is lang maand, spandeer wys met dié wenke

Januarie is lang maand, spandeer wys met dié wenke
 
2010-12-09


VERBRUIKERS word elke jaar deur die Kersliggies en feestelike atmosfeer in winkels verlei om soveel as moontlik te spandeer op Kersgeskenke en kos gedurende die Desembervakansie.

Is die winskope hier en spesiale aanbiedinge daar, werklik so? Vergelyk advertensies vir dieselfde produk in die koerant so ’n maand of wat gelede en selfs met verlede jaar dié tyd en kyk of dit werklik so ’n slim koop is. Verbeel jou elke keer wat jy “SALE” sien dat daar eintlik “SAVE” staan.

Sommige produkte word afgemerk, net ná Kersdag, wat dit die moeite werd maak om dalk eerder vir ’n familielid ’n geskenkbewys te gee sodat hulle dit vir veel goedkoper in Januarie kan koop.

Selfs die Suid-Afrikaanse Spaarinstituut (Sasi) pleit by verbruikers om met wysheid te spandeer hierdie feesseisoen.

Januarie het drie weke en drie dae, vir die gelukkiges wat salaris kry op die 25ste, waarin steeds geëet, skoolklere gekoop en water en elektrisiteit betaal moet word. Vir diegene wat op die 30ste betaling kry, wag ’n lang maand van net oor die vier weke.

Hou dus matigheid voor oë – koop in groot maat saam met die familie of vriendekring.

Eet ’n tweegangmaal op Kersfees. Almal voel in elk geval altyd oorvol na ’n driegangmaal.Hou die geld wat so bespaar word eerder vir kosblikkos en skooltoerusting in die nuwe jaar.

Koop toiletpapier van die herwinde soort terwyl die familie kuier, hulle kyk nie eens na die oulike blommetjies op die duurder soorte nie.

Sasi stel voor: Moenie geld leen vir enigiets nie. As jy nie die kontant het nie, kom daarsonder klaar. As jy nie daarvoor begroot het nie, moenie dit kry nie.

Volgens die Nasionale Kredietbeheerder is skuld die slegste geskenk wat jy jou gesin kán gee vanjaar. Hulle stel voor dat jy jou bonus eerder gebruik om soveel as moontlik skuld af te betaal.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za