Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Super 4-kompetisie begin so-so

Super 4-kompetisie begin so-so
 
2005-10-06


DIE eerste wedstryde van die Super 4-rugbykompetisie wat Vrydagaand op Daljosafat-stadion gespeel is, het nie die verwagte opwinding opgelewer nie.

Young Peoples het in die eerste wedstryd net-net daarin geslaag om die pyp te rook toe hulle vir Paarl Rangers 5-3 gewen het.

Dit was egter ’n wedstryd wat merendeels deur Rangers verloor is, as wat dit deur die Tiere gewen is.

Rangers het ’n gros geleenthede gehad om punte aan te teken, maar swak besluite het hulle pogings laat skipbreuk ly.

Peoples kon egter troos vind in die feit dat hulle die enigste drie van die wedstryd gedruk het, toe die heelagter, Morné Williams, in die doelgebied gaan kuier het.

Bradwell Swarts het ’n strafdoel vir Rangers oorgeskop.

Die tweede wedstryd is ook in ’n groot mate van aanskoulikheid beroof deur ’n geniepsigheid tussen die spelers.

Albions kon egter genoeg kop hou om Young Gardens 16-6 te klop.
’n Aanskoulike drie en doelskop deur Jacques Hendricks (losskakel) het Albions 7-0 laat voorloop.

Drie strafdoele - een deur Hendricks en twee deur Gardens se Jeremy Koukom - het die rustydtelling op 10-6 te staan gebring.

’n Skepdoel deur Dominic Daniels en nog ’n strafdoel deur Hendricks het Albions se punte volgemaak.

Vrydagaand om 19:00 speel Rangers en Gardens in die plaateindstryd, terwyl Peoples en Albions om 20:30 kragte meet in
die bekereindstryd.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za