Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drie Paarliete skitter by SA Jeugspele

Drie Paarliete skitter by SA Jeugspele
 
2005-10-06


DIE Boland het 13 medaljes verower tydens die Suid-Afrikaanse Jeugspele wat ’n week gelede in Durban gehou is.

Van die vyf goue medaljes wat huis toe gebring is, het drie om die nekke van Paarliete gehang.

Die atleet wat die verbeelding die meeste aangegryp het, was die
jong Paarliet Jo-Ann Williams.

Williams, wat in April tydens die SA Jeugkampioenskappe tevrede moes wees met die bronsmedalje in die 5000m Stap, het in Durban dié item oorheers met die vinnigste tyd van haar loopbaan.

Sy het van die begin af leiding geneem in die wedloop en behoorlik stof in haar mededingers se oë geskop.

Jo-ann het die wenstreep ’n goeie 12 sekondes voor haar naaste teenstander oorgesteek met ’n persoonlike beste tyd van 8:38min.

Nog ’n Paarliet waarop die Bolanders kan trots wees, is Henrico Rooi.
Rooi het in die afwesigheid van Dwayne Mouries, die huidige SA kampioen in die 2000m Hindernis, die provinsie se naam hoog toe hy goud het in dié item gewen het.

Rooi het sy teenstanders van meet af ontwrig met ’n goeie taktiese wedloop en uiteindelik die wedloop gemaklik met meer as vier sekondes gewen.

Nog 'n atleet wat uitgeblink het, is Gueron Kulsen van Paarl. Kulsen kon tydens vanjaar se SA Jeugkampioenskappe nie daarin slaag om die finaal van die 200m te haal nie.

Hy het egter danksy beter fokus nie net die 200m finaal van die SA Jeugspele behaal nie, maar ook die goud gevat.

Die ander twee goue medaljes is deur Heinrich Gonzales (hamergooi) van Robertson en Victor Hogan (diskus) van Caledon verower.

Die volledige lys medaljewenners is (goud) Jo-Ann Williams (5000m Stap), Victor Hogan (DG), Henrico Rooi (2000m Hindernis), Heinrich Gonzales (HG), Gueron Kulsen (200m), (silwer) Liné Barnard (GS), Chatlin Smith (400m), Fermie Kitshoff (SG), Jeug Meisies 1000m Medley, (brons) Juanita Stander (PS), Henco Nienaber (PS), Wilfred Cookson (400m), Jeug Meisies 1000m Medley.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za