DIE jaarlikse Kersaansteek-seremonie ter nagedagtenis aan ontslape kinders word deur Compassionate Friends aangebied op 11 Desember om 15:00 by die Drakenstein Biblioteek in Paulusstraat, Paarl.
Daar sal ’n kort wydingsdiens gehou word, waarna die kerse aangesteek sal word. Kerse sal voorsien word. Bring ’n foto van jou kind saam.
Kontak Carl by 021-872-3613.