DAAR word môre (10 Desember) groot makietie gehou by die P2 Loerie-woonstelle in Paarl-Oos vanaf 13:00. Maak jou reg vir pret en plesier vir die hele gesin by die Variety Show.
Daar is verskeie kompetisies wat deur die dag loop, soos die besgeklede rugby-aanhanger, ’n babakompetisie, ’n ‘pop-a-balloon’-kompetisie, ’n freestyle-kompetisie asook ‘speletjie, speletjie’.