Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fotografie-kompetisie oor die Paarl

Fotografie-kompetisie oor die Paarl
 
2010-12-09


PAARL TOERISME bied vir die volgende twee maande ’n fotografie-kompetisie aan. Foto’s moet volgens verskillende temas geneem word.

Dié temas is erfenis en kultuur, Paarl in aksie met enige aktiwiteit, en die skoonheid van die Paarl in stil lewe.

Daar is ’n kategorie vir hoërskoolleerders (graad 10-12), en ’n oop kategorie vir studente en volwassenes.

Daar is baie pryse om te wen wat insluit kameras en wegbreeknaweke.

Dié kompetisie word geloods deur hul Facebook bladsy “PAARL rocks!”, en jy kan net inskryf as jy ’n aanhanger is van hierdie blad. Daar is nie ’n inskrywingsfooi nie.

Die sluitingsdatum is 10 Februarie om 12:00. Vir meer inligting, besoek Paarl Toerisme se webtuiste www.paarltourism.com of skakel hulle by 073-108-2835.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za