Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jan Blohm draai in Wellington

Jan Blohm draai in Wellington
 
2010-12-09


DIE legendariese sanger Jan Blohm en die kitaarspeler Christoph Kotze is Dinsdagaand 14 Desember om 20:00 by die Breytenbach-sentrum se teaterkafee, Die Bôrdienghuis-teater, te sien in ’n akoestiese vertoning.

Van Jan Blohm se meer bekende liedjies is Groen Trui, Breyten se Brief, Tangerine, 7 Jaar, Rosie en Johnny K.

In Mei 2009 het Jan sy album ‘7 Jaar’ bekend gestel en dit word vereer met ’n Rapport Vonk Afrikaanse Musiektoekenning as die Beste Rock Album van die jaar. Jan ontvang ook in 2010 ’n SAMA toekenning vir Gewildste Afrikaanse Rock Album, asook twee Huisgenoot Tempo Toekennings vir Gewilde Rock Album en Alternatiewe Musiekvideo van die jaar saam met MK.

Jan se vertoning is die Bôrdienghuis-teaterkafee se laaste vertoning vir die jaar.

Kaartjies is R100 en kan bespreek word by Magdel Kemp by 072-115-2913 of teater@ breytenbachsentrum.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za