Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Anton Goosen sing

Anton Goosen sing
 
2010-12-09


DIE bekende sanger Anton Goosen tree Vrydag 10 Desember op by die Ou Meul-teater om 20:00.

Anton is bekend as die skrywer van bekende liedjies soos Waterblommetjies, Harlekyn, Hanoverstraat, Trein na Matjiesfontein, Ta’ Mossie se sakkie-sakkie Boeredans en Oberammergau, Hoeka Toeka, Straattroebadoere en Atlantis wat almal deur ander kunstenaars gesing word.

In 1979 neem hy sy eerste album op - met die SAUK wat die oorspronklike weergawe van Kruidjie-roer-my-nie binne vier dae na uitreiking verbied.

Boy van die Suburbs verkoop 80 000 eenhede. Op die album breek Anton nog nuwe grond vir Afrikaans. Blommetjie-gedenk-aan-my word algemeen beskou as die eerste rocksong in Afrikaans en die rigting wat Anton hierna ingeslaan het, besorg later aan hom die eretitel “Vader van Afrikaanse rock”.

En soos die jare aanloop, het Anton geskryf, gesing en heelwat ‘heilige koeie’ op hulle koppe gedraai – en natuurlik net meer en meer aanhangers gekry.

Vir die eerste keer kom kuier Die Liedjieboer dan by die intieme Ou Meul-teater. Kom klink ’n glasie op legendes!

Kaartjies is R80. Besprekings by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of vstemmet@gmail.com.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za