Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kampioen knak vroeg

Kampioen knak vroeg
 
2005-10-06


DIE huidige Boland-kampioen, die Novel Paarl Krieketklub, het Saterdag die seisoen op ’n lae noot begin toe hy sy eerste wedstryd verloor het.

Die Paarliete moes die pak vat teen Worcester United in ’n wedstryd wat in winderige toestande op Worcester beslis is.

Die besoekers kolf eerste en teken 176/9 in hul toegelate 60 boulbeurte aan nadat hulle kniediep in die moeilikheid was op 121/8.

Ultalyn Ernstzen met 40 nie uit nie (4x4) en Faghrie Jacobs met 19 (4x2) sorg met ’n 55 lopie vennootskap om die negende paaltjie dat die manne van Paarl ’n kompeterende telling op die telbord plaas.

Aanvangskolwer Marco Walters met 46 (4x4, 6x1) het voorlangs moedig probeer, maar min hulp van sy medekolwers gekry.

Die tuisspan se James Albanie (3/35), Rayno Arendse (3/53) en Jerome Amsterdam (3/32) het met akkurate boulwerk die Paarliete se lewe versuur.

In ’n spannende einde teken Worcester die wenlopies aan vanaf die voorlaaste bal van die wedstryd.

Worcester se Nolan Loff 57 (4x4, 6x1), Rayno Arendse 38 (4x1) en Arno Cuttings 35 (4x5, 6x1) sorg dat hul span die wa deur die drif sleep.

Die nuweling van Paarl Krieketklub, Godfrey Stevens met 2/25 in 15 beurte, het die kolwers van Worcester hoofbrekens besorg met sy draaiboulwerk.

Die jong linkerhandse naatbouler, Clayton August, het in sy debuutwedstryd gewys dat ook hy sy man kan staan toe hy sy boulsessie met syfers van 0/33 in 12 beurte afgesluit het, nadat hy in sy eerste beurt nege lopies afgestaan het.

Saterdag speel Paarl tuis op die Parysgronde teen die Universiteit van Stellenbosch (Maties).

Die terugkeer van Bobby Nicholson en Dave Callaghan behoort die kolflys te versterk teen die studente.

Paarl se tweede span, verlede seisoen se Premier Reserweliga-kampioen, is Saterdag op hul tuisveld deur Worcester United II verneder in ’n wedstryd wat dikwels deur reën onderbreek is.

Die tuisspan kon slegs 103 lopies aanteken in 40,3 boulbeurte.
Alan Alexander (35 4x4) en Alfredo Adams (18 4x1) het moedig probeer walgooi teen die boulers van Worcester.

Die besoekers se J van der Merwe (3/31) en C Cuttings (2/23) was die uitblink-boulers. Worcester II teken die wenlopies in die 31ste boulbeurt aan.

D Pienaar (40nun 4x5) en H Alberts (53nun 4x7) sorg dat Worcester die wedstryd maklik met nege paaltjies wen.

Paarl se tweede span speel Saterdag op Coetzenburg teen Maties II.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za