Moenie daardie boete betaal nie
2005-10-06
VERSKEIE mense het spoedkaartjies ontvang van die nuwe spoedkamera in Bergrivier Boulevard, Suider-Paarl, wat hulle betrap het op 7 en 8 September voordat die waarskuwingsborde aangebring is. Die borde is eers omstreeks 15:15 aangebring, volgens ‘n foto wat ek met my selfoon geneem het. Moet dus nie daardie boete betaal indien u vroeër gevang is nie.
Motoris
More
News
|