Paarl-Oos stof vir Van der Stel af
2010-12-15
VERAL goeie boulwerk deur die Paarliete het bygedra dat Paarl-Oos se eerste krieketspan die afgelope Saterdag baie maklik met Van der Stel I afgereken het en met 6 paaltjies gewen het. Van der Stel, wat in een stadium 73/2 (35ste boulbeurt) gehad het, kon op die ou einde net 98/10 aanteken. Zynodene Fredericks (9-0-21-3), Wayne Minnies (9-1-25-2) en Waylin September (8.5-0-19-2) het die beste met die bal gevaar, maar is ook goed bygestaan deur Jade Eden (6-3-10-0), Lee-Erwin Alexander (5-2-5-1) en Tiaan Cloete (7-2-8-0). Met die kolf het Garth Lewis (41 3x4) en September (42 nun 7x4) die Paarl-Oosers na ’n oorwinning geneem. * Op 15 Januarie speel Paarl-Oos I teen Wellington I in die eerste 20/20 wedstryd van die Jive klubkampioenskappe. Op 16 Januarie speel Paarl-Oos II teen Wellington CPUT II in ’n 40-boulbeurtwedstryd en Paarl-Oos III teen Brakenfell III in ’n 40-boulbeurt weg wedstryd.
More
News
|