Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kavaliers bloei vir goeie doel

Kavaliers bloei vir goeie doel
 
2010-12-15


DIE Boland Kavaliers, wat tans in die middel is van ’n strawwe voorseisoense oefenprogram, was onlangs verras met die afrigtingspan se besluit om die spelers uit te neem vir ’n ontbyt by Fairview in die Paarl.

Toe dié groep by Fairview opdaag, het Boland se manne egter meer gekry as wat hulle verwag het, aangesien ’n mobiele bloedskenk-kliniek heel toevallig Fairview se besoekers ingewag het.

“Ek was verbaas om te sien hoe entoesiasties die meeste van die spelers was om bloed te skenk,” sê Boland se direkteur van afrigting, Loffie Eloff.

Ná die spelers bloed geskenk het, het almal ’n ete by Fairview en ’n toer deur die bokkamp geniet.

“Charles Back en Donald Mouton van Fairview het ’n goeie verhouding met Boland Rugby en het in die verlede al baie ontbyte vir die Kavaliers aangebied,” sê Eloff.

“Ons is nou reeds sedert 1 November besig met ons voorseisoense oefenprogram en die manne is nou fisiek op ’n baie goeie vlak,” sê Eloff, “dus het ons besluit om die span te beloon deur Charles en Donald se uitnodiging te aanvaar.”

Volgens Eloff is die Kavaliers nou besig met die tweede fase van hul oefenprogram, nadat die eerste fase op 25 November klaargemaak het.

“Fase een was ’n kombinasie van krag, kondisionering, spoed en beweeglikheid, terwyl fase twee meer op krag fokus,” sê Eloff.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za