EK wil die Paarl Post bedank vir hul optrede om my geld terug te kry. 'n Skrynwerker wat gereeld in die Paarl Post se Diensgids adverteer is met my geld vort sonder om klaar te maak Ek het die Paarl Post geskakel en hulle het die “sakeman” ingelig dat sy advertensies nie meer welkom is nie. Ek het my geld binne 24 uur teruggekry. Dankie vir die puik diens.