Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jammer oor Hugenote Kollege

Jammer oor Hugenote Kollege
 
2010-12-15


DIS jammer dat die Hugenote Kollege, gestig en gebou op geloof en hoop van die eertydse dr Andrew Murray, mejuffroue Bliss en Ferguson, so uitgebuit moes word en dit deur mense wat nie eens die sentiment deel van onder andere die publiek van Wellington nie.

Almal het foute, maar daar is mense wat magsposisies gebruik het tot hul eie voordeel en nou agter die skerms probeer om die huidige bestuur van die Hugenote Kollege swak te maak.

Ek haal my hoed af vir iemand soos dr Elna von Schlicht wat onder die huidige omstandighede nog steeds alles in haar vermoë doen om die Kollege se deure oop te hou. Dan is daar die vrot appels wat weer probeer om gesag te ondermyn, kwaad te stook onder kollegas, om wat te bereik?

Ons weet almal gegewe die Minister se besluit dat sekere kursusse nie kan voortgaan by HK nie. Daarom moet herstrukturering plaasvind. Die Kollege kan nie mense behou wat nie fisies ’n werk gaan hê in 2011 nie.

Dit is so hartseer dat die mense wat die bestuur nou so aanvat, nie voorheen gekla het oor daar nie aandag gegee is aan dit wat werklik saakmaak nie, naamlik Hugenote Kollege, die studente en die akademiese entiteite wat belangrik is vir studente, soos die biblioteek nie.

Die rektor het in 2007 ná die studentebetogings belowe die biblioteek onder andere sal opgegradeer word. Dis 2010 en die biblioteek lyk nog net soos hy in 2007 gelyk het. Ongelukkig is fondse bestee op ander plekke.

Ek glo dat die nuwe bestuur asook mense soos dr Von Schlicht aandag sal skenk aan dit wat rêrig saak maak en nie aan vertoon, soos verfraaiings, soos die afgelope paar jaar nie.

Ek glo die Kollege sal uit die as uit opstaan as almal hul samewerking sal gee. Dit gaan tog oor HK en nie die individu nie.

Ontsteld, Wellington




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za