Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boxing Day fietsry vir 113de keer

Boxing Day fietsry vir 113de keer
 
2010-12-15


DIT is vanjaar die 113de keer dat die Paarl Boxing Day Sports aangebied word en op Maandag 27 Desember maak die Paarl Amateur Atletiek- en Fietsryklub weer so op die Faurestraat-stadion.

Dié byeenkoms word deur die Internasionale Fietsrybeheerliggaam (UCI) amptelik erken as die oudste aaneenlopende baanfietsrybyeenkoms in die wêreld.

Sedert sy aanvang in 1897 was dit ’n groot sukses en het dit nog altyd die land se beste fietsryers gelok en gesorg vir groot toeskouergetalle.

Die twee hoofwedrenne op die program is weer die 1 Myl uitnodigingswedren en die 25 Myl. In die 1 Myl word slegs die 20 vinnigste ryers genooi en dit sorg elke jaar vir ’n baie opwindende wedren wat die skare op hul voete kry.

Die 25 Myl is die langste wedren wat op ‘n baan aangebied word en op die Faurestraat-stadionbaan moet ryers 87 rondes voltooi. Hierdie uitputtende wedren is gewoonlik die hoogtepunt van die byeenkoms. Benewens die prysgeld ding die ryers ook mee om die Minnaarbeker, ’n trofee van egte silwer van 1,2 meter hoog, wat in 1925 aan die klub geskenk is.

Prysgeld by Boxing Day Sports beloop R20 000 wat dit dan ook die byeenkoms met die meeste prysgeld in die land maak. Fondse word bekom uit hek-inkomste, die borg Kroff Fietse en fondse vanaf Paarl Amateur Atletiek en Fietsryklub.

Die SA Baanfietsrykeurders sal ook die byeenkoms bywoon wat sal sorg dat die ryers hulle beste sal lewer.

Van Suid-Afrika se top Elite-ryers wat reeds ingeskryf het, is Dean Edwards (House Of Paints), Dusty Day (House Of Paints), James Louter (MTN), Martin Wesseman van Gauteng en James Perry (EMG) saam met plaaslike jaers soos Jean Nell (Intellibus), Evan Carstens (Intellibus), Réniell Matthysen (Intellibus), Avery Arendse (EMG), Clint Hendriks (EMG) en Brendon Christiaans. Perry en Louter is die verdedigende kampioene in die 25 Myl en 1 Myl wedren onderskeidelik

Behalwe vir die 1 Myl en 25 Myl wedrenne gaan ryers ook meeding in die 10km Puntewedren, die opwindende Uitvalwedren, die 400m voorgee en die 1500m asook items vir Veterane wat jaarliks sorg vir baie goeie aanvallende en taktiese ryery. Daar word ook resies vir jong Ontwikkelingryers aangebied waaraan deelgeneem kan word met enige tipe fiets.

Opkomende, jong talent gaan hulle staal wys in aparte wedrenne in ouderdomsgroepe o.12, o.14 en Juniors wat die skare waarde vir hulle geld sal gee. In die o.12 kategorie gaan plaaslike gunstelinge Linwill Jansen en Wade Theunissen die speke behoorlik laat sing.

In die o.14 kategorie sal plaaslike talent naamlik Jean-Claude Jantjies en Greame Ockhuis in aksie gesien word, terwyl groot vuurwerke van die Junior-ryers soos Bradwin Daniels (Spartans), Nathan Cornellissen, Emile Jacobs (Intellibus), Hannes Basson (Intellibus) en Wayne Botha (CWC) verwag kan word. Daniëls mag vanjaar in sy tweede o.16 jaar in die Junior-afdeling meeding.

Die wedrenne begin om 14:00 en die hekke open reeds om 12:00. Die toegangsgeld is R25 vir volwas senes en R10 vir kinders.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za