Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wat gaan van ons bome word?

Wat gaan van ons bome word?
 
2010-12-15


ONS het 地 groot Rooiessenhoutboom op ons sypaadjie in die Paarl. Onlangs het ek opgemerk dat die boom met witroes besmet is.

Weens die grootte van die boom, is daar nie 地 manier waarop ek die boom self kan bespuit nie.

Ek klop toe by die Drakensteinse Munisipaliteit se Kwekery en Aboretum aan om hulp. 地 Amptenaar het na die boom kom kyk en saamgestem dat daar 地 probleem is.

Hy het my egter ingelig dat hulle die boom nie MAG bespuit nie. Trouens, hulle mag hoegenaamd geen bespuiting in die Paarl doen nie!

Die resultaat van hierdie spuitverbod kan baie duidelik gesien word aan die twee pragtige eikebome voor die ou Paarlse Hoofposkantoor, wat stadig maar seker besig is om te vrek.

Hoe lank gaan dit duur voordat al ons bome besmet is? Is ons op pad na 地 boomlose Paarl?

Leon Serfontein

May Carolissen, munisipale woordvoerder, reageer:

Nadat amptelike aantygings ontvang is van Tatib Foundation, onder leiding van mnr Jurgen Schirmacher, dat Drakenstein Munisipaliteit die wet oortree met die bespuiting van die akkerbome, is daar besluit om tydelik die bespuiting te staak en die nodige regsopinie te bekom.

Kundige advies betreffende die produk wat ons gebruik, is ook bekom. 地 Vergadering met die Raad se regsadviseurs het plaasgevind in die week van 6 Desember.

Gedurende die vergadering is besluit dat die Munisipaliteit voldoen aan al die wetlike aspekte en daar sal voortgegaan word met die bespuiting van die akkerbome soos in die verlede




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za