Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pragtige Pniel-pad voltooi

Pragtige Pniel-pad voltooi
 
2010-12-15


DIE trotse gemeenskap van Pniel spog met ’n splinternuwe deurgangspad deur hulle mooi dorp.

Minister Robin Carlisle het verlede week die pas-opgegradeerde pad vanaf Helshoogte na Boschendal amptelik geopen.

Dit is die 12de paaie-infrastruktuur kapitale projek suksesvol voltooi deur die Departement van Vervoer en Openbare Werke vir 2010, teen ’n koste van byna R80 miljoen.

Hierdie hoofpad 172 (Roete R310) vorm die vernaamste roete vanaf Stellenbosch deur die Helshoogte Pas na Franschhoek en die Paarl-wynland.

Voor die opgradering was hierdie pad hoegenaamd nie geskik vir die meer as 4000 voertuie wat dit daagliks gebruik het nie. Die pad was smal, met gruisskouers, en die oppervlakte het soos ’n wipplank gery.

Konstruksie aan die 5,84km pad het in Februarie 2009 begin en alhoewel daar noodgedwonge vertragings vir die publiek in hierdie tydperk plaasgevind het, het ingenieurs verbonde aan die bou van die pad gesê dat alles vlot verloop het, en die werk is binne die beplande tyd voltooi.

Vandag loop die nuwe pad soos ’n seepgladde slang deur die vallei. Die pad is nou breër en spog met rooi asfalt-skouers, wat as veiligheidsfaktor dien, asook voetoorgange, geplaveide sypaadjies, bus- en taxistaanplekke, verbeterde

dreinering, padtekens, padmerke en straatbeligting.

Op plekke is werfmure gebou en bome aangeplant. Dus kan pendelaars en toeriste nou hierdie skilderagtige, historiese roete benut, tydens ’n veilige rit.

* The new road through Pniel between Helshoogte and Boschendal has been completed.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za