Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Duisende rande se vuurwapens gesteel

Duisende rande se vuurwapens gesteel
 
2010-12-15


DUISENDE rande se vuurwapens is Maandag gesteel tydens ’n huisroof by ’n woning in Lemoenkloof.

Twee mans het na bewering helder-oor-dag toegang tot ’n spogwoning in Berg-en Dalstraat gekry, toe die huishulp die hek vir hulle oopgemaak het. Volgens haar was een van die mans in ’n ‘uniform’ geklee.

Eers binne die woning is die vrou oorweldig en vasgebind. Die vermeende rowers het hierna te werk gegaan om die 1,8 meter lange kluis van die muur los te maak. Hulle het volgens die huishulp die kluis toe na ’n wagtende motor gedra. Binne-in die kluis was nege vuurwapens, beide jaggewere en handwapens.

Die mans het die huis verder deursoek vir waardevolle goedere en is daar weg met juweliersware.

Toe die voortvlugtiges vertrek het, het die huishulp daarin geslaag om ’n paniek-knoppie te aktiveer en binne enkele oomblik het die hele Berg-en-Dalstraat gekrioel van die polisie. Maar daar was geen spoor nagelaat van die rowers nie.

Die huishulp kon nie ’n beskrywing aan die polisie gee van die motor nie, en sy het net gesê dat die mans Afrikaans met haar gepraat het.

Enigiemand met enige inligting oor die voorval kan Kapt Louse du Plessis skakel by 082-850-9614.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za