Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Amstelhof moet nou wakker skrik

Amstelhof moet nou wakker skrik
 
2005-10-06


DIS tyd vir Amstelhof se mense om wakker te skrik en seker te maak die beste leiers (Raadslede) lei vir ons en dra ons belange en wense op die hart ter verbetering van ons lewensomstandighede en die ontwikkeling van ons gemeenskap.

Die verkiesingstyd het ons weer ontkant betrap met die skielike dood van ons raadslid, Joan Pegram, en daar word op 12 Oktober gestem.

Met inagneming van die feit dat ons aan die einde kom van elf jaar van Demokrasie is dit hoog tyd dat ons seker maak die regte persoon met die grootste politieke wil verteenwoordig ons in die Raadsaal.

Ons moet mense kies wat hulself, hul families en alle persoonlike belange opoffer om die breë gemeenskap te dien deur vir ons te help waar ook al nodig en nie net kop uitsteek met verkiesingstyd of wanneer nuwe partye gestig word nie.

Amstelhof het nou “Speed Bumps” weens die gemeenskap se eie optrede, voordat die Munisipaliteit ingegryp het.

Nou is daar ‘n klomp kandidate sonder ‘n gemeenskapswerkersgeskiedenis.

Kom ons stem met ons koppe en nie ons harte nie en maak seker ons stem nie vir opportuniste wat hulself nog nie bewys het nie.

Ons moet sien dat ons kinders se lewens vorentoe verbeter word met die ontwikkeling van sportfasiliteite en ‘n veeldoelige sentrum vir ons kinders. “A child in sport is a child out of court.”

Vir beter omstandighede



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za